Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 27 DESEMBER 2015

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teks weergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag.

AMATEUR RADIO AKTIWITEIT VANUIT NOORD-KOREA

KIDS DAY OP SONDAG 3 JANUARIE

en

AUSTRALIESE PICO BALLON OMSIRKEL DIE SUIDELIKE HALFROND

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

** Die ARRL berig van die eerste amateur radio werking vanuit Pyongyang in die Demokratiese Volksrepubliek van Korea in 13-jaar het plaasgevind op 20 Desember. In 'n onverwagse wending het die Poolse DXer, Dom Gryzb, 3Z9DX, wat reeds Noord-Korea vandeesweek besoek in die opmars van 'n beplande amateur radio aktiwiteit vroeg volgende jaar, om 00:00 UTC op 20 Desember op die lug gekom uit die mees gewilde DXCC entiteit. Dom, P5/3Z9DX was aktief op beide 20- en 15-meter ESB en 'n paar honderd stasies was gelukkig genoeg om hom te werk.

Voortplanting was ongunstig weens 'n geomagnetiese storm wat sy pogings op 20 meters geraak het. Hy het ook berig dat hy baie hoë omgewings geraasvlakke in Pyongyang ondervind het. Hy het met 100 W in 'n vertikale antenna, gemonteer op 'n metaal heiningpaal sowat 2 meter bo die grond tussen die regering hoë geboue, gewerk.

Jy sal twee stories oor hierdie gebeurtenis op www.arrl.org/news vind

** Die volgende Kids Day sal op Sondag 3 Januarie 2016, vanaf 18:00 tot 24:00 UTC plaasvind. Die twee keer ’n jaar geleentheid, geborg deur die ARRL en die Boring Amateurradioklub van Oregon, is 'n uitstekende geleentheid om amateur radio en amateur radio satelliete aan jongmense te wys en selfs ‘die sleutels’ te oorhandig, sodat hulle “eerste hands” ervaring kry. Deel die opwinding met jou eie kinders of kleinkinders of kinders in die buurt! Vir die jeug, kan die positiewe amateur radio-ervaring 'n belangstelling kweek wat hulle lei om eendag gelisensieer te word. Vir veteraan radio amateurs, is dit 'n kans om hul stasies en liefde vir Amateur Radio met die volgende generasie te deel

Roep "CQ Kids Day." Die voorgestelde uitruiling is die naam, ouderdom, ligging en gunsteling kleur van die deelnemer. Herhaler kontakte is ook aanvaarbaar en satelliet kontakte kan ware opwinding verskaf. Alle deelnemers word aangemoedig om stories en foto's te plaas op die Kids Day seepkis bladsy en kom in aanmerking vir 'n kleurvolle sertifikaat. Die sertifikaat kan gratis afgelaai word met die name van die jongmense ná die voltooiing van die Kids Day opname op dieselfde bladsy as die sertifikaat generator. Besoek www.arrl.org/kids-day vir al die inligting.

** AO-85 Stadige Aftas TV-beeld is waarskynlik 'n grap en nie 'n toets nie. Daar is gerapporteer dat 'n Brasiliaanse amateur 'n Stadige Aftas TV (SSTV) beeld ontvang het op 13 Desember van Fox-1A (AO-85), maar dit is waarskynlik 'n grap en nie enige soort van amptelike toets van die SSTV vermoëns van die satellite nie. Jerry Buxton, N0JY, AMSAT vise-president vir Ingenieurswese het gesê die Robot 36 beeld, wat 'n spotprent jakkals en die legende "Testing Fox-1A/AO-85 AMSAT satellite," uitbeeld, was van aardse oorsprong en versend via die transpondeerder op die AO-85 satelliet.

"Ek kan jou vertel dat in Suid-Amerika het hulle pret en dat ons analoog-na-digitale na analoog IHU verwerking van die klank baie goed werk op die SSTV frekwensies!" het Buxton die ARRL vertel. "Ek weet nie wie die sein opgestuur het nie, maar dit was 'n grond-satelliet-grond kontak, niks wat ontstaan het op AO-85." Buxton het gesê die grap was net 'n baie goeie demonstrasie van die vermoë van die FM herhaler op die Fox-1-reeks satelliete. Die FM satelliet opskakeling is op 435,170 MHz (67 Hz CTCSS toon word vereis). Die afskakeling is op 145,978 MHz. Beide frekwensies is onderhewig aan Doppler verskuiwing.

** Die Australiese sonkrag pico ballon, PS-56, wat 'n katastrofiese GPS opsporing mislukking gehad het, is nagespoor deur sy swak gelykgolf sein, het die suidelike halfrond bereik. Intussen het haar suster ballon, PS-57, die ewenaar gekruis en is nou in die noordelike halfrond.

Ballon PS-56 is gelanseer deur Andy Nguyen, VK3YT, vanaf Melbourne op Saterdag 28 November. Hy het gesê dit het die gewone voor-vlug toetse geslaag, maar kort nadat dit gelanseer is, was daar geen WSPR of JT9 paket nie, maar die ballon loonvrag het die verstek Morsekode volgorde alleen gestuur. Andy, VK3YT, het 'n oproep uitgesit vir 'n uitkyk vir die ballon. VK en ZL radio amateurs het die uitdaging aanvaar. Die vindingrykheid van die radio amateurs het gesorg dat hierdie ballonvaart gespoor is sonder 'n werkende GPS. Hy het verduidelik dat die gebruik van die Son se gryslyn teen sononder en sonop, antenna rigtig en wind voorspelling, is gebruik om die ballon se posisie te skat.

Bob, ZL1RS, het PS-56 vir ’n week gevolg voordat dit oor Suid-Amerika is en uit sy bereik was. Egter op 13 Desember is dit weer op sy waterval kom inloer en die navolging is hervat. Op Saterdag 19 Desember het John, VK2FAK, en Joe, VK5EI, het PS-56 gekontak met 'n sterk sein. Bob, ZL1RS,het op Sondag 20 Desember , die posisie van PS-56 bepaal op die beperkte data beskikbaar. Andy, VK3YT, het gesê "Danksy die pogings van die amateurs is bevestig at PS-56 die Suidelike Halfrond omseil het en nog steeds vlieg.” Wat wag in die komende dae ? Wag en sien!

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

** 'n Nuwe weergawe van die 2016 Suid-Afrikaanse Radioliga Dagboek van Gebeure is opgelaai na die Liga se webwerf nadat inligting ontvang is van die Wesrand ARK oor hul vlooimarkte vir 2016. Om 'n afskrif van die dagboek te kry, besoek die webwerf en klik op SARL Diary of Events op die spyskaart op die linkerkant.

** Hunting Lions in die Lug is 'n jaarlikse gebeurtenis waar lede van die Lions-organisasie kontak maak met mede Lions via amateur radio. Die geleentheid vind op 9 en 10 Januarie plaas en herdenk die geboorte van die Melvin Jones, die stigter van Lions Clubs International op 13 Januarie. Kontak jou plaaslike Lions Klub en nooi hulle om deel te neem in hierdie gebeurtenis.

** Die eerste Jeug Net vir 2016 vind plaas op Sondag 10 Januarie met die nuwe tyd van 15:00 UTC op 7 070 kHz.

** In 2015 het IARU Streek 1 begin met 'n nuwe Jeug Kompetisie Program (YCP). Jeug lede van Streek 1 lidlande is genooi om deel te neem aan 'n kompetisie vanaf die sogenaamde "Top-Gun" stasies. Hierdie jong amateurs het geleer hoe om die kompetisie stasie te bedryf, hul vaardighede te verbeter en met die doel om die beste resultate as 'n span te behaal. 'n Video van die eerste YCP gebeurtenis kan gesien word op YouTube by www.youtube.com/watch?v=0b3slQ1NGJA&feature=youtu.be

** Die PEARS Nasionale BHF en UHF kompetisie vind plaas op 15 tot 17 Januarie 2016. Daar is twee sessies oor 'n tydperk van twee dae wat alle moontlike voortplanting modes dek en bied 'n wonderlike uitstappie vir kampeer en veldstasies. Die eerste sessie begin om 16:00 UTC op Vrydag en eindig om 14:00 UTC op Saterdag. Die tweede sessie begin onmiddellik na 14:00 UTC en eindig om 12:00 UTC op Sondag. Dit is die tyd wanneer daar baie VHF amateurs op die lug is uit verskillende afdelings met goeie voortplanting toestande wat dit moontlik maak vir landswye kontakte op analoog- en digitale frekwensies tussen 50 en 1 296 MHz. Sien die 2016 Blouboek vir al die reëls.

** 'n Nuwe sonvlek, AR 2473, is vinnig groeiende in die son se Suidelike Halfrond en het meer as vier keer vergroot in die afgelope 24 uur. Gevul met M-klas sonfakkels, het die sonvlek reeds verskeie klein kortgolf radio onderbrekings veroorsaak, veral suid van ons planeet se ewenaar. Meer fakkels en radio onderbrekings is in die vooruitsig soos die groeiende sonvlek in die rigting van die Aarde draai. Besoek die webwerf spaceweather.sansa.org.za vir verdere inligting.

Nou vir die dagboek van gebeure

31 Desember - vernietig jou kopie van die 2015 Blou Boek
1 Januarie - laai 'n kopie van die 2016 Blou Boek af
3 Januarie – Kids Day gebeurtenis
6 Januarie - die NARS is oop vir sake
9 en 10 Januarie – Hunting Lions in die Lug
10 Januarie - die SARL Jeug Net op 7 070 om 15:00 UTC
15-17 Januarie - die PEARS Nasionale BHF en UHF kompetisie
23 Januarie - Somer QRP kompetisie
31 Januarie - Die sluitingsdatum vir nominasies vir die Raad en die indiening van mosies vir die AJV

Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

Die ARRL berig van die eerste amateur radio werking vanuit Pyongyang in die Demokratiese Volksrepubliek van Korea in 13-jaar wat plaasgevind het op 20 Desember.
In 'n onverwagse wending het die Poolse DXer, Dom Gryzb, 3Z9DX, wat reeds Noord-Korea vandeesweek besoek in die opmars van 'n beplande amateur radio aktiwiteit vroeg volgende jaar, om 00:00 UTC op 20 Desember op die lug gekom uit die mees gewilde DXCC entiteit. Dom, P5/3Z9DX was aktief op beide 20- en 15-meter ESB en 'n paar honderd stasies was gelukkig genoeg om hom te werk.


** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘news inbox’ skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB, en gelees deur ...........................................................

Die hele nuus span wil jou en jou familie 'n voorspoedige Nuwejaar vol sukses, goeie gesondheid en amateur radio toe wens.

73 en 88, dankie dat jy geluister het.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003